Afghanistan-kwessie in Amerikaanse parlement verhoor

Die senior militêre leiers van die Amerikaanse President, Joe Biden, sal na verwagting vandag en môre verhoor word oor die chaotiese einde van die oorlog in Afghanistan. Dit het gelei tot die dood van soldate en burgerlikes en die Taliban weer in beheer gelaat. Internasionale nuusagentskappe berig die Senaat en Huis van Verteenwoordigers se komitees oor die weermag sal verhore hou waartydens Republikeine hoop om te fokus op die Biden-administrasie se foute. Die minister van verdediging, Lloyd Austin, sal na verwagting Amerikaanse personeel loof wat gehelp het om 124 000 Afghane per vliegtuig uit die land te neem. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *