Afghanistan glo op die rand van verval

Die Afghaanse gesondheidsorgstelsel is op die rand van verval. Sowat een-derde van alle Covid-19 toetse wat verlede maand gedoen is, was positief. Die moontlikheid van ‘n vloedgolf nuwe gevalle gaan hand aan hand met die politieke en ekonomiese onrus weens die Taliban se oorname. Afghanistan se waarnemende minister van Gesondheid, Wahid Majrooh, het in sy pos aangebly ten spyte van die val van Kaboel. Hy het aan joernaliste gesê hy wil die gesondheid-stelsel deur die oorgangsfase na Taliban-regering help stuur.