Afghanistan bly in die nuus

Die Verenigde Nasies het die internasionale gemeenskap versoek om Afghanistan in sy uur van nood by te staan ná die stryd tussen die Taliban en Afghaanse magte honderdduisende mense gedwing het om uit hulle huise te vlug. Die hoofstad Kaboel ondervind steeds ‘n reuse instroming van mense van provinsies oral in die land waar hulle onveilig en bedreig voel. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, het alle belanghebbende partye aan hulle verpligting herinner om burgerlikes te beskerm.