Afghaane wat agterbly het hulp nodig

Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die vlugte wat burgerlikes uit Afghanistan ontruim het dalk tot ‘n einde gekom, maar die humanitêre krisis is steeds daar én aan die versleg. Sowat 3,5-miljoen mense in die land is sonder heenkome en baie van hulle wat na ander lande soos Pakistan of Iran wil uitwyk, het dalk nie die nodige dokumente nie. Guterres sê die mense van Afghanistan het nou meer as ooit te vore die steun en meelewing van die internasionale gemeenskap nodig.