Afgetrede verpleërs vra hulp met sopkombuis
Tussen 2019 en 2021 is meer as 256 486 pasiënte met geestesongesteldheid in Namibië behandel. ‘n Geraamde 520 000 Namibiërs ly egter aan geestesongesteldheid, en die land se selfmoordsyfer het gestyg, met 1 542 selfmoorde aangeteken vanaf April 2020 tot Maart 2021. In reaksie hierop word ‘n beroep gedoen op skenkings om die sopkombuis by die Namibiese Geestesgesondheidsvereniging te ondersteun. Elke Woensdag word gratis sop en brood aan sowat 100 buitepasiënte verskaf by die Geestesgesondheidsorgsentrum langs die Sentrale Hospitaal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met ‘n afgetrede verpleegster, Beth Lennich, oor hoe die inisiatief begin het.
Lennitch verduidelik watter items hulle benodig, soos brood, groente, droë bone en pasta, en waar hulle gekontak kan word.