Afgetrede Namibiese staatsamptenare kan herregistreer by Psemas

Die Namibiese ministerie van finansies het aangekondig dat die kabinet amnestie goedgekeur het aan afgetrede staatsamptenare wat van die staat se mediese fonds, Psemas, afgeskop is. Dit volg nadat hulle nie na hul aftrede vir lidmaatskap soos volgens regulasies herregistreer het nie. Wilson Ashikoto, hoofwoordvoerder van die ministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dié geraakte afgetrede staatsamptenare het ses maande tyd om te herregistreer.