Affirmative Repositioning skors twee hoës

Die Affirmative Repositioning-beweging se besluitnemingsliggaam, die interim nasionale aktiviste-raad, hou die naweek ‘n vergadering op Walvisbaai om belangrike kwessies van die beweging te bespreek, sê die leier, dr. Job Amupanda. Die beweging hou vandag ‘n mediakonferensie waartydens besluite aangekondig sal word. Die woordvoerder, Simon Amunime, en hoof van verkiesings, Paulus Kathanga, is volgens berigte geskors.