Affirmative Repositioning sê Chinese ambassade dreig hulle

Affirmative Repositioning se woordvoerder, Simon Amunime, het gesê die Chinese ambassade het hulle op hul selfone gebel en hulle veroordeel omdat hulle ‘n arbeidsdispuut met ‘n Chinese maatskappy probeer uitsorteer het. Amunime veroordeel die Namibiese polisie wat hul selfoonnommers aan die Chinese ambassade gegee het. Hy het gesê selfs die polisie is deur die Chinese onder staatskaping geplaas. Amunime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het nou ‘n ooreenkoms met die Chinese maatskappy bereik en kontrakte word vir die werkers voorberei.

Amunime het gesê die Chinese ambassade is arrogant. Hy het bygevoeg die Affirmative Repositioning neem nie instruksies van die Chinese nie.