Afcon skuif terug na normale tyd in 2025

Die volgende Afrikabeker-toernooi sal in die middel van die jaar gespeel word, en nie in Januarie soos die geval was met die laaste twee toernooie nie. Afrika se beheerliggaam, die CAF, het volgens berigte ‘n ooreenkoms met die gasheer, Marokko, bereik dat dit van Julie tot Augustus 2025 gespeel sal word. Die ooreenkoms het blykbaar ook die steun van die wêreldbeheerliggaam, FIFA, al bots die datums met dié van FIFA se Klub-Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika. Datums vir die Afrikabeker-kwalifiseerders is nog nie bekend nie.