Nienaber juig oor twee SA-spanne in VRK-finaal

Dit was ‘n droombegin vir Suid-Afrika in die Verenigde Rugbykampioenskap met twee plaaslike spanne in Saterdag se eindstryd. Dit beteken spelers van die Stormers en die Bulle kan nog nie by die Springbok-voorbereidingskamp voor die reeks teen Wallis aansluit nie. Die Bokafrigter, Jacques Nienaber, sê die blootstelling aan uitklop-rugby is baie goed vir hulle ontwikkeling: