Adolf Jentsch kunswerke word Dinsdag opgeveil

‘n Baie seldsame geleentheid is beskikbaar vir versamelaars van Namibiese kuns. Die Suid-Afrikaanse veilingshuis Strauss en Company het twee Adolph Jentsch kunswerke wat op Dinsdag 14 September om ses-uur namiddag aanlyn onder die hamer kom. Alastair Meredith, die veilingshuis se senior kunsspesialis, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.