Adjunkpremier gee terugvoering oor vlugtende Namibiërs uit Oekraïne

Die Namibiese regering het vroeër die regering van Pole versoek om ‘n veilige deurgangsroete vir die 94 Namibiese burgers te verskaf wat in die oorloggeteisterde Oekraïne gestrand is. Die Namibiese regering het verseker dat Namibiërs vlugte vanaf Pole na Namibië sal bespreek en nie in Pole sal bly nie. Die adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vandag terugvoering in die Nasionale Vergadering gegee oor die Namibiërs wat uit die oorlogsone in die Oekraïne na Pole gevlug het.