Adjunkminister is tevrede met nywerheidspark in die noordweste

Die Namibiese adjunkminister van handel, Verna Sinimbo, was op ‘n streeksbesoek aan die Kunene- en Oshikoto-streke waar sy individue en handelaars wat by verskeie klein en medium ondernemings- en nywerheidsparke werksaam is, betrek het. Die doel van die besoek was om insig te verkry oor die stand van bedrywighede by die nywerheidsparke, asook om gesprekke met die handelaars te voer. Sinimbo sê sy is tevrede oor hoe sake verloop, veral op Opuwo.