ActionSA skenk beskermingstoerusting van R2,7 miljoen

ActionSA in Gauteng het verskeie soorte persoonlike beskermingstoerusting ter waarde van 2,7 miljoen rand aan twee nie-regeringsorganisasies in Johannesburg en Ekurhuleni geskenk. iThemba en Lifeline speel ‘n baie belangrike rol om mense te ondersteun met voorspraak en regstreekse ingryping. Die woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê die party tree toe om met die openbare gesondheidskrisis te help weens die drastiese toename van Covid-19 in die land.