ActionSA sê weermag keer BBP-slagoffers om te praat oor aanval
Action Society sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die slagoffers in Maandag se aanval deur agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid in Johannesburg opdrag gegee om met niemand te praat sonder die teenwoordigheid van ‘n weermag-generaal nie. Volgens die organisasie probeer die weermag om die slagoffers stil te maak. Action Society se regsverteenwoordiger, Daniël Eloff, sê die weermag het geen jurisdiksie om die slagoffers of enige individu te weerhou om hul menings uit te spreek of hul ervarings te deel ná werksure of buite militêre persele nie.