ActionSA sê Johannesburgse raadsvergadering is mors van geld

ActionSA in Gauteng sê dis ‘n mors van geld om ‘n raadsvergadering in Johannesburg te hou net sodat die nuwe burgemeester, Mpho Phalatse, ‘n toespraak kan lewer. Die party sê die speaker, Vasco da Gama, het die vergadering vir Donderdag belê met eintlik net een item op die agenda – Phalatse se aanvaardingstoespraak na haar verkiesing verlede week. Sabelo Chalufu van ActionSA sê dis onverstandig en onverantwoordelik om ‘n vergadering net vir ‘n toespraak te hou.