ActionSA ontevrede met nuwe Johannesburgse burgemeester

ActionSA beskuldig die ANC dat hy nie geloofwaardige leierskap aan Johannesburg verskaf nie. Dit volg nadat Jolidee Matongo as nuwe burgemeester verkies is. Die organisasie sê Matongo was die ontslape burgemeester Geoff Makhubo se regterhand en sal waarskynlik voortgaan met korrupsie en diensleweringsbeloftes wat nie nagekom word nie. Die woordvoerder, Sabelo Chalufu, sê Matongo het selfs as burgemeesterskomiteelid vir Finansies nie daarin geslaag om blywende diensleweringsoplossings in sy begroting te bied nie.