ActionSA-lede sê hulle is ingeloop

Ontevrede lede van ActionSA sê hulle is gebruik deur die president Herman Mashaba en deur ActionSA as ‘n party. Hulle het die People’s Dialogue begin en met die organisasie saambeweeg totdat dit in die ActionSA-party ontwikkel het. Hulle het dit nie gedoen omdat hulle magshonger is nie, maar gretig vir verandering in hulle gemeenskappe en in die land. Die groep se verteenwoordiger, Xolani Manzingana, sê die gegriefde lede wil hê die Proposionele Verteenwoordigerslys moet hersien word: