ActionSA lê klag teen ANC-lede

Plaaslike verkiesings vind op 1 November in Suid-Afrika plaas en daar is reeds gerugte van intimidasie. ActionSA se burgemeesterskandidaat vir die Stad eThekwini in KwaZulu-Natal, Makhosi Khoza, het strafregtelike klagte gelê vir intimidasie en beweerde aanranding. Dit volg nadat ‘n vrywillige werker van ActionSA onlangs aangeval en gedwing is om die T-hemp van sy party uit te trek. Dit was na bewering lede van die ANC wat die werker gedreig het en gesê het hy het geen reg om in die gebied te wees nie. Busi Radebe van ActionSA sê dit was ‘n desperate poging om die gemeenskap wat vir die party wil stem, te frustreer: