ActionSA: Eskom moet bedrysuitdagings oplos  

ActionSA doen ‘n beroep op Eskom om sy bedryfsuitdagings op te los en vinnig nuwe opwekkingsvermoë in te stel. Die kragvoorsiener het aangekondig dat verskeie fases van beurtkrag in die week ingestel sal word. Die party sê die politieke karakter van Eskom se bestuur moet verwyder word en die betrokkenheid van Onafhanklike Kragprodusente moet dringend voortgaan. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê President Cyril Ramaphosa mislei die land oor beurtkrag.