Aborsie in Mexiko gewettig

Mexiko se Hooggeregshof het ‘n federale wet wat aborsie kriminaliseer van die hand gewys en ‘n vroeëre beslissing bevestig dat kriminele strawwe vir aborsie ongrondwetlik is. Dit beteken dat aborsie regoor die land deur die federale gesondheidsorgstelsel verskaf moet word. Dit word geag as ‘n groot oorwinning vir aborsieregte-voorstanders in die oorwegend Rooms-Katolieke land. Sedert Roe v. Wade tersyde gestel is in die VSA, het Mexiko ‘n bestemming geword vir Amerikaanse vroue wat aborsies wil bekom.