Aasvoëls, hiëna in Kruger vergiftig

Meer as 100 aasvoëls en ‘n hiëna is dood aangetref nadat hulle aan ‘n buffel-karkas gevreet het naby Punda Maria in die Krugerwildtuin. Die karkas was vermoedelik vergiftig. Veldwagters op patrollie het gister op die dooie diere afgekom naby die park se grens met ‘n naburige dorpie. Nog 20 aasvoëls wat in ‘n bedenklike toestand is, is ook op die toneel aangetref. ‘n Woordvoerder van SANParke, Isaac Phaahla, sê die aasvoëls is met behulp van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe na die Shingwedzi- en Moholoholo-rehabilitasiesentrums gehaas vir behandeling: