Aartsbiskop stem vir gedwonge inenting vir kerklui

Die Anglikaanse Aartsbiskop van Kaapstad Thabo Makgoba sê hy is ten gunste van verpligte Covid-19-inentings vir hul kerklui. Mandate vir inentings is van die resolusies wat by die Anglikaanse Provinsiale Sinode bespreek sal word. Die Sinodesitting het gister afgeskop en duur tot Vrydag. Makgoba sê tydens ‘n dodelike pandemie weeg jou naaste se reg op lewe swaarder as jou eie reg om te doen soos jy goeddink. Hy voeg by mense wat teen inenting gekant is het die reg om so te voel, mits hulle bereid is om in isolasie tuis te bly.