Aartappels 100% duurder as verlede jaar

Aartappelpryse in Suid-Afrika het die afgelope jaar skerp gestyg en nuwe rekordpryse vir dié stapelvoedsel behaal. Die landbou-ekonoom Johnny van der Merwe sê aartappels is nou tot 102 persent duurder as dieselfde tydperk verlede jaar. Hy skryf dit toe aan die groter vraag en uiters lae volumes. Van der Merwe sê die prys het onlangs met 13 persent gestyg tot meer as 97 Suid-Afrikaanse rand per 10 kilogram sak. Hy voeg by dat verbruikers nie hierdie maand enige verligting moet verwag nie.