Aap-pokke brei uit op die vasteland

Agt Afrika-lande het tot dusver bevestigde aap-pokke aangemeld, met nog verskeie lande wat vermoedelike gevalle bevestig het. Die lande is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, lande waar die siekte nie endemies voorkom nie. Ghana en Marokko, wat nie voorheen gevalle van aap-pokke aangeteken het nie, het nou onderskeidelik vyf en een bevestigde gevalle, het Moeti gesê. Daar is 36 bevestigde gevalle in Nigerië, tien in die DRK, agt in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, drie elk in Benin en Kameroen, en twee in Kongo-Brazzaville. Ethiopië, Guinee, Liberië, Mosambiek, Sierra Leone, Soedan en Uganda – almal lande met geen vorige voorval nie – het ook vermoedelike gevalle aangemeld. Moeti het regerings op die vasteland gemaan om voorbereid te wees.