Aanval op Konstitutionele Hof sterk veroordeel

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het ‘n aanval op die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg, ten sterkste veroordeel. ‘n Inbreker het vensters in die kompleks met ‘n hamer stukkend geslaan. Volgens die polisie is ‘n waarskuwingskoot afgevuur, maar die man het voortgegaan om vensters te breek, selfs nadat hy gewaarsku is om op te hou. Die woordvoerder van die departement, Chrispin Phiri, sê minister Lamola het die polisie geloof vir die vinnige inhegtenisneming: