Aanval dood 40 burgerlikes in Sudan

Minstens 40 burgerlikes is dood en tientalle beseer in ‘n lugaanval op ‘n mark in Sudan se hoofstad, Khartoem. Dis die grootste sterftesyfer in ‘n enkele voorval sedert die oorlog in April begin het. Die aanval het plaasgevind terwyl die oorlog tussen regeringsmagte en die paramilitêre Rapid Support Forces die einde van sy vyfde maand nader. Verlede week is minstens 25 mense, insluitend twee kinders, dood in ‘n lugaanval op die hoofstad. Rapid Support Forces beskuldig die Sudannese weermag van die jongste aanval, maar die weermag ontken dit.