Aansoeke binnekort vir 2022 by Unam oop

Aansoeke van studente om in 2022 by die Universiteit van Namibië te studeer, begin binnekort. ‘n Aankondiging sal binnekort gemaak word wanneer voornemende studente by die universiteit kan begin aansoek doen en moet die sosialemediaplatforms van die universiteit dophou. Unam se bemarkingsbeampte, Simon Namesho, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar sal genoeg tyd vir belangstellendes gegee word om aansoek te doen en dit is nie nodig om paniekerig te raak nie.