Aanpassings aan reël 108 behoort nie banke se bepalings te verander nie

Totale privaat sektor-skuld vir huishoudings en maatskappye saam, staan op 119,1 miljard Namibiese dollar wat 57,8 persent van die BBP is. Die aankondiging dat daar ‘n geregtelike hersiening van die hofreël 108 op die oomblik plaasvind, bly in die nuus. Die reël laat die beslaglegging van eiendom vir wanbetaling toe. Met stygende rentekoerse is huishoudings toenemend onder druk. Intussen het die banke in Suid-Afrika kliënte uitgenooi om hul skuld te laat herstruktureer met die stygende rentekoers. Vrae word gevra hoekom doen banke dit nie plaaslik nie, waarom sit hulle terug en wag hulle vir nuwe regulasies? Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het met Kosmos 94.1 gepraat of dit die leningsgedrag van banke sal bemoeilik.