Aanname dat net 10% van DBN se lenings aan vroue is, is verkeerd

Die adjunk Namibiese minister van finansies Maureen Hinda-Mbuende het vandag in die Nasionale Vergadering gerugte dat net 10 persent van die Namibiese Ontwikkelingsbank se lenings aan vroue gaan, reggestel. Terwyl daar ruimte vir verbetering is, presteer die bank baie beter as dit.