Aanlyn werwing van stembuspersoneel vals, sê ECN
’n Advertensie oor die werwing van stembuspersoneel wat die rondtes op sosiale media doen is deur die Verkiesingskommissie as vals afgemaak. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het bevestig dat die aanlyn werwingsadvertensie vals is, en bygevoeg dat die kommissie tans besig is om aansoekers wat op hul regte advertensie reageer het, te kortlys. Die kommissie verwag om die finale aankondiging hieroor in die eerste week van November te maak.