Aanklaer in Malema-saak bedank, bang vir rassis-kommentaar

Die voormalige aanklaer in die saak van die afvuur van ‘n vuurwapen teen die leier van die EFF, Julius Malema en sy lyfwag, Adriaan Snyman, het luidens berigte uit die Nasionale Vervolgingsgesag bedank. Media in Suid-Afrika berig advokaat Elna Smit het glo gevrees Malema sal haar ‘n rassis noem en haar tydens kruisverhoor verneder. EFF-woordvoerder Sinawo Tambo sê sy is hoogs waarskynlik wel ‘n rassis as sy vrees om as een geïdentifiseer te word. Malema en Snyman het gister in die Streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap skuld ontken.