Hai//om moet gaan leer om armoede te bekamp

Die ministerie van geslagsgelykheid, en armoede-uitwissing se adjunkdirekteur van gemarginaliseerde gemeenskappe, Rebekka Namwandi, sê gemarginaliseerde gemeenskapslede moet by tersiêre instellings aansoek te doen om kwalifikasies te bekom. Sy het met die Hai//om gemeenskap by Etosha Nasionale Park gesels. Sy sê die regering sal die studies betaal. Die gemeenskap sê sy voorvaderlike regte in Etosha is hom ontneem en hulle regte word verder geskend omdat hulle nie by die park in diens geneem word nie. Baie kinders kan ook die skool voltooi nie en stel eerder beroepsopleiding voor. Namwandi het erken dat daar talle struikelblokke is in verband met onderwys. Talle lede van die gemeenskap het ook nie nasionale dokumente en kan nie toelaes bekom nie.