Rubiales geroep om te getuig in ondersoek na daardie soen

Die voormalige president van Spanje se beheerliggaam, Luis Rubiales, is beveel om te getuig in die ondersoek oor die soen wat hom sy werk gekos het. Hy het onlangs bedank oor die woede wat hy ontketen het toe hy een van die spelers op die mond gesoen het nadat die vrouespan die Wêreldbeker gewen het. ‘n Regter het Rubiales beveel om Vrydag tydens die ondersoek in Madrid te getuig. Aanklaers het hom formeel van seksuele aanranding beskuldig nadat die speler, Jenni Hermoso, ontken het dat sy tot die soen ingestem het.