Amper 3 000 dood in Marokko
Die dodetal in Marokko se dodelikste aardbewing in meer as ses dekades het tot verby 2 900 gestyg en redders is naarstiglik besig om na oorlewendes te soek. Soekspanne van Spanje, Brittanje en Katar het nou by Marokkaanse reddingspogings aangesluit. Die staatsnuusagentskap het berig die dodetal het tot 2 681 gestyg en 2 501 mense is beseer. Soek-en-reddingspogings het gister skynbaar versnel, met tentkampe wat op sommige plekke verskyn het. Omdat ‘n groot deel van die aardbewingsone in moeilik bereikbare gebiede is, het die owerhede geen ramings uitgereik vir die aantal mense wat vermis word nie.