ANC moet sy regering afskaal en so geld spaar
Die Vryemarkstigting in Suid-Afrika stel voor die grootte van die regering word ingrypend afgeskaal sonder om sy grondwetlike verpligtinge te belemmer. Dit volg nadat die Tesourie die behoefte aan drastiese besnoeiings aan die begroting aangekondig het. Die beleidshoof van die stigting, Martin van Staden, sê ondanks die kritiek op die besluit, sal Suid-Afrika ‘n baie doeltreffender regering hê indien staatsorgane uitsluitlik toegewy is aan die nakoming van hulle grondwetlike verpligtinge. Van Staden sê die stigting raai die finansminister, Enoch Godongwana, aan om hulle voorstel te oorweeg: