Toegang tot die internet kry aandag
Die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie in samewerking met die internet Society of Namibia en UNESCO sal ‘n raadplegende vergadering oor Namibië se Nasionale Internet universele aanwysers aanbied. Die doelwit is om beleidsaanbevelings en praktiese inisiatiewe te ontwikkel om die nasionale internet-ekosisteem te verbeter. Die Internet universele aanwysers-raamwerk, ontwikkel deur ‘n globale, oop, inklusiewe en multi-belanghebbende proses oor drie jaar, dien om ‘n land se internetlandskap te assesseer en aanbevelings te verskaf om uitdagings aan te spreek en geleenthede aan te gryp. Die vergadering vind môre om 08:00 by die Grondwetkamer, kantoor van die premier plaas. Senior Openbare Betrekkinge Beampte by die ministerie, Shoki Kandjimi het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.