Zuma verloor nog ‘n belangrike hofsaak

Daar is geen einde aan oudpresident Jacob Zuma se regs-treurmares nie. ’n Volbank van drie regters in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het sy aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre uitspraak teen sy private vervolging van die staatsaanklaer Billy Downer en die News24 joernalis, Karyn Maughan, van die hand gewys. Die hof het vroeër bevind Zuma se vervolging is ‘n misbruik van die proses. Regter Gregory Kruger het in vandag se uitspraak gesê hy en sy kollegas kon geen meriete vind in enige van die betoë wat Zuma se regspan ingedien het nie. Zuma moet ook die koste van die aansoek betaal.