Landbou-ontwikkelingsprogramme in SA het misluk
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onthul dat hy sedert 2016 byna 1 miljard Suid-Afrikaanse rand toegeken het aan landbousentrum-projekte, maar slegs 23 van die 61 funksioneer suksesvol. Dit het aan die lig gekom in reaksie op ‘n vraag wat die DA in die Parlement gevra het. Noko Masipa van die party sê dis ‘n mislukkingskoers van 63-persent vir fasiliteite wat veronderstel is om belangrike suksesfaktore in die landbou-waardeketting reg oor die land te wees: