Kritiek omdat Angola 341 Russiese dokters, vir 6 keer meer, aanstel

Kommentaar vanuit Angola lui dat dit onvaanvaarbaar is dat die land se gesondheidsministerie 26,5 miljoen Amerikaanse dollar sal bestee op die aanstelling van Russiese dokters in sy openbare gesondheidsfasiliteite. Volgens wat berig word is die dokters se salarisse ver hoër as wat plaaslike dokters ontvang – ongeveer ses keer meer as wat Angolese dokters ontvag. Die land sal 341 sogenaamde ‘spesialisdokters’ vanuit Rusland aanstel.