DA spreek sy medelye uit met die afsterwe van Buthelezi

Die DA het sy diepe medelye uitgepreek met die familie van die stigter-president van die Inkatha Vryheidsparty, prins Mangosuthu Buthelezi, wat Saterdag oorlede is. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Buthelezi se dood laat ‘n aansienlike leemte in die Suid-Afrikaanse politiek. Hy beskryf hom as ‘n groot dienaar-leier en beklemtoon sy aansienlike rol in die vorming van Suid-Afrika se politieke landskap, sowel as die toewyding van sy lewe aan die verbetering van die lewens van ander en die stryd om vryheid: