SAOG se sentrale banke moet nou saamwerk op beleidSeptember 8, 2023

Die goewerneurs van verskeie sentrale banke in die streek vergader vandag op Swakopmund. Die SAOG-komitee van Goewerneurs van Sentrale Banke is gestig om samewerking te bewerkstellig. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die hooftoespraak gelewer en sê noue samewerking tussen sentrale banke in die SAOG-streek is belangrik.