Sabie se water met E. coli besmet
Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en gevaar van siektes aangesien hul vars water erg met E. coli-bakterieë besmet is. Dit is onthul in ‘n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die Sabie Kamer van Koophandel en Toerisme en ander belanghebbendes gedoen is. Sonja Boshoff van die DA sê die bevindings is by die munisipaliteit aangemeld, maar hulle het tot op hede niks daaraan gedoen nie: