Namibië is nie geboelie nie, Covid-spuite was goedkoper

Reaksie word ontvang op die Suid-Afrikaanse Health Justice Initiative wat sê farmaseutiese maatskappye het Suid-Afrika gyselaar gehou oor Covid-19-entstowwe en die land gedwing om te veel daarvoor te betaal. Dit was nie plaaslik die geval nie. Inteendeel, die prys het volgens die gesondheidsministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe gedaal tussen die ondertekening van die kontrak en die aankope.