Nairobi-verklaring by klimaatberaad aanvaar
Die Afrika Klimaatberaad in Nairobi, Kenia, het tot ‘n einde gekom met leiers wat die Nairobi-verklaring aanvaar het om die vasteland se potensiaal as ‘n groen-spulpunt uit te lig en ander wêreldleiers aan te moedig om nuwe globale koolstofbelasting te ondersteun. Luidens die verklaring behoort geen land ooit te kies tussen ontwikkelingsaspirasies en klimaataksie nie. Keniaanse president William Ruto sê groen-energie is ‘n wen-wen vir almal.