Nuwe Kaapstadse Truworths-fabriek skep 60 000 werksgeleenthede

Die Stad Kaapstad sê ‘n nuwe klere- en tekstielverspreidingsentrum vir Truworths Internasionaal sal die grootste van sy soort in die Wes-Kaap wees sodra dit geopen het. Die sentrum is geleë in ‘n nywerheidspark naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe, King Air Industria. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê kleinhandelaars sal na verwagting 368 miljoen kledingstukke van die Suid-Afrikaanse bedryf bekom. Hy sê dit sal meer as 60 000 formele vervaardigingsposte ondersteun waarvan die meerderheid deur vroue gevul sal word: