Saara verduidelik kostes van voedselbystand, ondervoeding aan NV

Die Nasionale Vergadering het vandag sy 9de sessie hervat na hy in Julie in reses is. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het melding gemaak van die droogte-opname sowel as ondervoeding in die land. Die program is uiters duur. Die finansminister het voorheen gesê ongeveer 500 miljoen Namibiese dollar sal bestee word maar, die koste het tot amper 900 miljoen dollar gestyg, soos die premier verduidelik.