Zverev dring deur na langste wedstryd tot dusver
Alexander Zverev van Duitsland is deur na sy derde kwarteindronde in die Amerikaanse Ope nadat hy die Italianer Jannik Sinner geklop het in die langste wedstryd tot dusver in vanjaar se toernooi. Die twaalfde gekeurde Sinner het vier uur en 41 minute nodig gehad vir ‘n oorwinning van 6-4, 3-6, 6-2, 4-6, 6-4, en kom nou teen die Spanjaard Carlos Alcaraz te staan. Die verdedigende kampioen is slegs die tweede man in die geskiedenis van die Ope Era om voor die ouderdom van 21 drie kwarteindrondes by die Amerikaanse Ope te bereik. Hy het die Italianer Matteo Arnaldi gemaklik met 6-3, 6-3, 6-4 verslaan. Zverev sê dit is spesiaal, veral na sy terugkeer van ‘n besering: