ANC se rekords oor kaderontplooiing moet aan DA oorhandig word
Die DA het die beslissing van die Appèlhof verwelkom wat die ANC se aansoek om ‘n uitspraak van die Gautengse hooggeregshof om te keer met koste van die hand gewys het. Die uitspraak verplig die ANC om sy kaderontplooiingsrekords aan die DA te oorhandig. Leon Schreiber van die DA sê die ANC het vyf dae om dokumente van die komitee te oorhandig. Die dokumente strek terug tot die eerste Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa die voorsitter van die komitee geword het: