Stelsel van studente-befondsingskema val in mekaar

Die DA sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se versuim om studentetoelaes uit te betaal, veroorsaak aansienlike geestelike stres en finansiële swaarkry. Volgens die party is geen stappe gedoen om die situasie reg te stel nie, ondanks beloftes om fondse teen die eerste van hierdie maand vry te stel. Die DA-lid, Liam Jacobs, sê die huidige NSFAS-stelsel is onvolhoubaar en in ‘n toestand van agteruitgang. Jacobs vra vir ‘n nuwe, volhoubare hoëronderwys-befondsingsmodel: